2024-06-29
'S1/E7'. Die twee susters Tietie en Nanna nooi ons hulle kombuis binne en wys ons hoe om heerlike halaal kos te maak.
'S4/E12'. Ons gaan kuier hierdie week in Darling en Yzerfontein, gesels met 'n legendariese Suid-Afrikaanse bekende en besoek Evita se Perron. Tydens 'n perdrit langs Yzerfontein se Sestienmylstrand verras die walvisse ons ook.
'S25/E7'. Stompie Olivier het as 11-jarige sy eerste melkbeesstoetery bedryf. Vandag, hier naby Ventersdorp in Noordwes, spog hy met die Hotspot-beeste: 'n Boran- en Droughtmaster-stoetery.
'S1/E6'. Johann Muller boer met koring en kanola. Met tussen 55% en 60% somerreën is sy uitdaging om 'n winteroes suksesvol te kweek. Sedert 2015 maak bewaringslandbou op die gesinsplaas 'n enorme verskil.
'S2/E13'. David en Bianca help vir verloofdes Marlon en Hestrie kies tussen 'n pret-belaaide troue, 'n huis met baie potensiaal en 'n Kaapse wittebrood.
'S3/E12'. Ons is op soek na die land se blokraai-boffin. Drie deelnemers se woordeskat en taalkennis word op die proef gestel om te kyk wie uiteindelik blokraai-koning kraai. Cintaine Schutte is die aanbieder.
'S10/E8'. Stap en Stuff en Helderberg takel mekaar in agt rondes van algemene kennis en ander lekker speletjies. Wie stap moontlik weg met 'n kontantprys van R10,000?
'S2/E12'. Die R15 000-pryspakket wink vir sjefs Valeska, Tyrese en Phillipa in die Kookpunt-kombuis. Masterchef-wenner Shawn Godfrey maak 'n draai as gasbeoordelaar.
'S1/E5'. In hierdie episode kom bruid Hayley by Blanco Bridal aan in die hoop om 'n rok te vind wat perfek by haar troue pas. Terwyl sy op soek is na haar droomrok, keer bruid Sunet terug vir 'n finale aanpassing.
'S1/E12'. Wanneer TikTok-kok Imtiyaaz Hart 'n wortel-rolkoek maak, rek René de Wit die oorskietkoek vir 'n tiramisu-koekstruif. Die kitskoffiefles kry tweede asem as 'n tafeldekor-ornament.
'S11/E9'. Cleo en manlief Julian se gastekamer is eintlik maar 'n stoorkamer, want oor styl kan die twee net nie saamstem nie. Kan Isabel en Melt met R15,000 en een dag stylvrede skep?
'S11/E11'. Ons gunstelingtydverdryf is nou 'n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!
'S11/E12'. Ons gunstelingtydverdryf is nou 'n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!
'S11/E13'. Ons gunstelingtydverdryf is nou 'n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!
'S12/E1'. Ons gunstelingtydverdryf is nou 'n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!
'S2/E13'. Dis dag drie van 'n onvergeetlike avontuur op die Oranjerivier. Bok en Mark kry uiteindelik die Grootbek geelvisse aangekeer en Bok berei 'n lekker seekos dis voor in die middel van die boesmanland.
'S4/E13'. In hierdie episode gesels aanbieder Frank Rautenbach met kletsrymer, Jack Parow. Johan wys vir Frank hoe om die perfekte boerewors te braai.
'S1/E2'. Sy is 'n bekroonde sportsomroeper, anker-aanbieder op SuperSport en die first lady van rugby. Motshidisi Mohono kuier by Leandie. Pieter Serton wys hoe jy selfs in jou woonstel luuks kan onthaal en Herman maak Chorizo aartappels.
'S2/E7'. Die opwinding vir hierdie #Sterkbek-uitdaging versprei soos 'n veldbrand! Die aktrise, Melissa Myburgh en haar sister blaas letterlik stoom af by die Copper Club Restaurant.
'S4/E7'. Daar is vals hoop en vals note wanneer nog drie spelers mekaar die stryd aansê vir 'n plek in die tweede semi-finaal. Hulle geniet ook 'n optrede deur Johan Scheppel.
'S3/E8'. In Durbanville en Edgemead braai pelle, Clinton, Jason en Peter teen Colleen, Jason en Juan. Akteurs Eden Classens en Melanie du Bois kuier saam.
'S11/E12 - 11/12'. Die vroue is in beheer en die mans moet 'n goeie indruk maak - aanlyn én in die ateljee.
'S2/E5'. Die ramme geniet 'n eg Russiese aand van dans, kos en vodka. 'n Couples massage laat die twee Russiese vroue en twee manlike deelnemers van nog nader kennis maak.
Besighede en organisasies kry hier die geleentheid om met hul werk en produkte te spog.