2024-06-28 00:00 Geldhelde 'S5/E3'. Werner en Carla Scholtz van Bloemfontein raadpleeg die Momentum-span. Hulle wil baie graag huiseienaars word en wil kyk wanneer hulle hierdie doel kan bereik. 00:30 Landbouweekliks 'S25/E7'. Stompie Olivier het as 11-jarige sy eerste melkbeesstoetery bedryf. Vandag, hier naby Ventersdorp in Noordwes, spog hy met die Hotspot-beeste: 'n Boran- en Droughtmaster-stoetery. 01:30 Hier Sit Die Manne 'S4/E12'. In hierdie episode gesels aanbieder Frank Rautenbach met akteur Nico Panagio. Johan en Frank braai op verskillende koolfstofbronne. 02:00 Slim Vang Sy Baas 'S10/E7'. Ons soek die slimste in die land! Twee spanne genaamd Hektiek en King Size baklei dit uit in algemene kennis en nostalgiese speletjies met 'n kontantprys van R10,000 op die spel. 03:00 Die Staat Teen 'S2/E12'. Die staat teen André Keller: Adv. Louis van Niekerk vertel van die veeleisende bedrogsaak wat hy in 2001 in George aangepak het. 03:30 Gesels 'S1/E1'. Ons eerste gas is die veelsydige akteur, Francois Jacobs. Jaycee Wiese bevestig of dit regtig só 'n groot no-no is om jou hare by die huis te kleur en Herman leer vir Leandie steak gaar maak. 04:30 Geldhelde 'S5/E4'. Anchen en Gerrit Genis van die Paarl besoek die Momentum-span om seker te maak dat hul finansiële besluite en doelwitte vir hul gesin se toekoms in plek is. 05:00 Tietie En Nanna Kook 'S1/E7'. Die twee susters Tietie en Nanna nooi ons hulle kombuis binne en wys ons hoe om heerlike halaal kos te maak. 05:30 My Plek Of Joune? 'S11/E9'. Twee huismaats wie se smaak hemelsbreed verskil, skiet 'n muntstuk op om te sien wie kry die kans om een vertrek in hul woning teen 'n begroting, teen tyd en saam met 'n kennerspan oor te doen.