2024-07-14
'S1/E7 - 1/7'. SA se grootste TikTok-ster kom TV toe. In dié werklikheidsprogram volg ons kameras hom waar hy mense op straat by sy kulkunsies betrek - en ook 'n paar poetse bak.
'S1/E13'. Kosskrywer Isabella Niehaus maak gemarineerde tamaties met olyfbroodstokkies. René de Wit gebruik dan die orige tamaties vir gevulde inkvis in gemarineerde tamatiesous. Die tamatieboks word Kersboom-ornamente.
'S1/E10'. Ons delf dieper in die musikale agtergrond van kunstenaars SamPaule & Malindi, Magé en YOMA.
'S1/E4'. Sy is Leandie se mentor en een van die Chickalitos - Hanna Grober kuier dié week saam. Nicole van den Munckhof gesels oor die finansiële implikasies van saambly en Herman wys hoe om 'n spaghetti carbonara op te toor.
'S2/E12'. David en Bianca ontmoet vir verloofdes Michelle en Christian. Bianca wys 'n prentjiemooi troue en David wys 'n huis wat al die boksies tick. Gaan hul dit als prys gee vir 'n wegbreek na Amsterdam?
'S1/E9'. Twee bruide, een doelwit: om die perfekte trourok vind. Bruid Abigail stap die winkel binne en begin die soektog na haar droomrok, terwyl bruid Tamsyn terugkom vir 'n laaste aanpas sessie voor die groot dag.
'S1/E9'. Die twee susters Tietie en Nanna nooi ons hulle kombuis binne en wys ons hoe om heerlike halaal kos te maak.
'S2/E9'. Suidooster aktrise, Natasha van der Merwe en haar 'bestie' Candice Bester ontmoet vir Nicholis by 'Öns Huisie', gereed om hul beste probeerslag te gee tydens die #Sterkbek-uitdaging.
'S4/E12'. Die akteurs Amalia, Erica en Jacques span kragte saam en speel teen die Durbies. Daar is sewe rondes van algemene kennis, stomstreke, geografie en selfs musiekkennis waarna die wenspan vir R10 000 speel.
'S4/E13'. Success Lekabe bring haar span om teen die lede van Kwart-SMS te speel. Dié stryd is soos geen ander! Ons kyk wie is die skerpste onder die lot en dring deur om vir 'n kontantprys van R10 000 te speel.
'S5/E1'. Die twee spanne trio's, King Size en Vonkprop, spook dit uit teen mekaar in algemene kennis- en nostalgiese speletjies om te sien wie moontlik kan wegstap met R10 000.
'S5/E2'. Die twee spanne trio's, Onnies en KLC Squad, spook dit uit teen mekaar in algemene kennis- en nostalgiese speletjies om te sien wie moontlik kan wegstap met R10 000.
'S4/E11'. Dinge raak warm op die stel van Klankbank want dis die laaste uitdunrondte en drie nuwe spelers veg vir 'n plek in die semi-finaal. Hul geniet ook 'n spesiale vertoning deur Elandré.
'S7/E9'. Padvatplesiere via Dirk en Alti se maltrap-avonture. Dié geesdriftige paartjie is elke naweek op soek na 'n nuwe avontuur, natuurskoon, 'n partytjie, goeie musiek, interessante mense en alles wat lekker is.
'S25/E9'. Handri Conradie is die sesde geslag op Koelfontein in die Ceres-vallei. Vars vrugte, wyndruiwe, droëvrugte en -produkte is die hooffokus. Dis by top kettingwinkels beskikbaar, en ook onder hul eie handelsmerk, Cecilia's Farm.
'S11/E11'. Elmarie se studeerkamer lyk soos 'n stoorkamer, wat haar man Corné baie ontstel. Kan Isabel en Melt met R15,000 en een dag stylvrede skep?
'S1/E11'. Emma van Heyn, EDO en Lynelle Kenned neem ons agter die verhoog en vertel waar hul passie vir musiek vandaan kom.
'S1/E9'. Die twee susters Tietie en Nanna nooi ons hulle kombuis binne en wys ons hoe om heerlike halaal kos te maak.
'S5/E1'. Tessa en Martin Visser van Secunda soek finansiële raad by die Momentum-span om seker te maak hulle is op die regte pad wanneer dit by hulle geldsake kom.
'S13/E8'. Jaydon Glazer en sy skoolmaat was eens op 'n tyd groot vriende gewees, maar ongelukkig het tienerhormone en ego's die vriendskap vernietig en plek gemaak vir wedywering, dreigemente en koelbloedige moord.
'S1/E1'. Dis die eerste uitdunrondte en vyf entrepeneurs lê hul besigheidsidees aan ons sakekenners, Thys van Zyl en Riaan Grobler, voor. Net twee uit die groep staan 'n kans om deur te dring na die top tien toe.
'S1/E6'. Iana kies vir komediant Schalk Bezuidenhout om saam met haar by die Bloukrans brug te gaan Bungee Jump. Sal Schalk hierdie uitdaging oorleef? Hy vertel meer oor skool-boelies, braafheid en sy beroep.
'S1/E2'. Elvis Blue en sy vrou Chireze het 'n bus gekoop en het groot planne daarvoor - met 'n verhoog op die dak en al! Verskeie uitdagings word hulle kant toe gegooi. Sal hulle kan saamwerk en op hul voete kan dink?
Besighede en organisasies kry hier die geleentheid om met hul werk en produkte te spog.