2024-06-30
'S1/E2'. Sy is 'n bekroonde sportsomroeper, anker-aanbieder op SuperSport en die first lady van rugby. Motshidisi Mohono kuier by Leandie. Pieter Serton wys hoe jy selfs in jou woonstel luuks kan onthaal en Herman maak Chorizo aartappels.
'S1/E5 - 1/5'. SA se grootste TikTok-ster kom TV toe. In dié werklikheidsprogram volg ons kameras hom waar hy mense op straat by sy kulkunsies betrek - en ook 'n paar poetse bak.
'S1/E11'. Tiktok-kok Charisa Weyers maak heerlike aartappelsop met soetbrood en René de Wit gebruik die oorskiet sop vir vispastei met geroosterde broccoli. Dan word 'n mosselblikkie omskep in 'n doopsousbakkie.
'S1/E8'. Chris Steyn, Gracia Nicholls en Christi van Niekerk kom vertel hul stories en ons gee vir jou 'n 'backstage pass'.
'S1/E2'. Sy is 'n bekroonde sportsomroeper, anker-aanbieder op SuperSport en die first lady van rugby. Motshidisi Mohono kuier by Leandie. Pieter Serton wys hoe jy selfs in jou woonstel luuks kan onthaal en Herman maak Chorizo aartappels.
'S2/E10'. David en Bianca ontmoet vir Maak my 'n miljoenêr se Albert van Wyk en sy verloofde Marilie. Die paartjie kry 'n voorsmakie van 'n troue met 'n bietjie bling, 'n spog huis en 'n Europese wittebrood.
'S1/E7'. Mila en Blanco Bridal se konsultante help vir bruid Denique om haar droomrok te vind. Mila loer ook in by bruid Zuneldi wat haar rokke vir die laaste keer kom aanpas.
'S1/E7'. Die twee susters Tietie en Nanna nooi ons hulle kombuis binne en wys ons hoe om heerlike halaal kos te maak.
'S2/E7'. Die opwinding vir hierdie #Sterkbek-uitdaging versprei soos 'n veldbrand! Die aktrise, Melissa Myburgh en haar sister blaas letterlik stoom af by die Copper Club Restaurant.
'S4/E4'. Dis 'n stryd tussen Die Q Tips en die lede van die Bellaz. Sal Quanita Adams se span die Bellaz kan uitoorlê vir die groot kontantprys van R10 000?
'S4/E5'. Die akteur Eldon van der Merwe bring sy 'brasse' om teen die lede van Flink-ink te speel. Ons sien wie dring deur na die finale ronde en moontlik weg stap met 'n kontantprys van R10 000.
'S4/E6'. Armand Aucamp en sy kollegas span kragte saam om hul naam hoog te hou. Teen hulle speel die lede van Eindelik. Ná agt rondes sien ons wie met die titel én 'n kontantprys wegstap.
'S4/E7'. Dis 'n stryd tussen Ons Drie en die lede van KBS! Die aanbieder Marciel Hopkins bring haar jarelange vriende om in algemene kennis en nostalgiese speletjies getoets te word.
'S4/E9'. Dis die volgende uitdunrondte en drie nuwe spelers gaan saamwerk om die bank te probeer beroof. Hul geniet ook 'n vertoning deur Paxton Fielies.
'S7/E7 - 7/7'. Padvatplesiere via Dirk en Alti se maltrap-avonture. Dié geesdriftige paartjie is elke naweek op soek na 'n nuwe avontuur, natuurskoon, 'n partytjie, goeie musiek, interessante mense en alles wat lekker is.
'S25/E7'. Stompie Olivier het as 11-jarige sy eerste melkbeesstoetery bedryf. Vandag, hier naby Ventersdorp in Noordwes, spog hy met die Hotspot-beeste: 'n Boran- en Droughtmaster-stoetery.
'S11/E9'. Cleo en manlief Julian se gastekamer is eintlik maar 'n stoorkamer, want oor styl kan die twee net nie saamstem nie. Kan Isabel en Melt met R15,000 en een dag stylvrede skep?
'S1/E9'. Jan Bloukaas, Die See en Augusta Zietsman kom vanaf verskillende rigtings in die musiekbedryf bymekaar om stories en ervarings te deel.
'S1/E7'. Die twee susters Tietie en Nanna nooi ons hulle kombuis binne en wys ons hoe om heerlike halaal kos te maak.
'S8/E23'. Nisboere vertel die besielende storie van Garlic Farmers SA wat in 'n klein stadserf begin het. Plus, Nisboere ontdek 'n suksesvolle truffelboerdery in Pretoria en ons gesels met van Adama.
'S13/E6'. Die oproep wat geen ouer moet kry nie: Die nuus dat jou dogter haar eie lewe geneem het. Met gebroke harte het Nadia Lloyd se ouers dadelik te werk gegaan om die waarheid te leer... met ontstellende gevolge.
'S1/E4'. Nick Oosthuizen besoek Mardouw-olyfplaas en La Mont, 'n suiwelboerdery, om bestanddele vir sy driegangmaaltyd te vind. Hy wil die beoordelaars oortuig hy's die geskikte kandidaat om Just Amy te bestuur.
'S1/E4'. Dis akteur Christo Davids se beurt om deur Iana uitgedaag te word. Hulle gaan in sweeftuie klim, in die lug op vlieg en dan word die enjins afgesit! Christo maak oop oor kuns, sy kinders en hoe om jou vrese te oorkom.
'S1/E5'. Vandag gesels Dr. Mountany met Henck Conrey terwyl haar kollega, Jocelyn Hall, by Erika O'Farrel inloer. Henck en Erika is albei met algemene angsversteuring gediagnoseer.
Besighede en organisasies kry hier die geleentheid om met hul werk en produkte te spog.