2024-06-30
'S2/E12 of 13'. Leah kuier in Lady Grey in die Oos-Kaap waar inwoners 'n droom het vir hul dorp. Sy verras hulle met goeie nuus van Lottoland wat die inwoners in staat stel om 'n groot projek aan te pak.
'S1/E4 of 13'. Ons eerste semi-finaliste gaan teen mekaar uitsing in 'n verskeidenheid vermaaklike sanguitdagings. Ons gaskunstenaar is Marcel Dalmayda.
'S26/E12 of 26'. Ons proe Williston kaas en besoek Limpopo se finalisdorp. Dan speel ons gholf saam met Meiring de Clercq en kuier by Joost se broer, Pieter van der Westhuizen.
'S14/E13 of 26'. Ons krieket is aan die brand en so ook Die Losie. Die span staan reg om te 'cheers' op die Proteas in die T20 finaal en ook op die Bokke. Moet ook nie vergeet van Wimbledon die naweek nie.
'S3/E13 of 13'. Crosby het besluit hy wil naby die natuur leef, totaal en al onafhanklik van die kragnetwerk. Ons vind inspirasie in Clarens.
'S1/E2 of 2'. Musiekvideo's vir elke smaak.
'S2/E11 of 13'. Groenkloof en Oranjezicht spook sake uit vir veiligheid en 'n video-oproep met geliefdes. Die pekel-pennie kan vir die laaste keer gespeel word. Wie se doppie is geklink?
'S26/E12 of 26'. Die 20ste Greyton Genadendal Classics for All is 'n fees van klassieke musiek. Wicus Pretorius het kom kuier op hierdie pragtige Overbergse dorpe en die fees en die omgewing verken.
'S11/E13 of 41'. Hierdie week kuier die hoofafrigter van die Blitsbokke, Philip Snyman, in die ateljee en ons fokus op sake in die omgewing van Ekurhuleni en elders in die land.
'S11/E14 of 27'. Inspirasie vir jou lewensreis vanuit Mosaïek gemeente. Saam met Johan Geyser verken ons die grootste ontwaking, naas Christus se bestaan, is die ontwaking tot Sy liefde vir ons.
'S30/E13 of 13'. In die laaste episode van die seisoen doen ons 'n terugblik, en vertel van die BMW i5 se klankbaan.
'S10/E24 of 26'. Die Olimpiese Spele skop oor 'n maand in Parys af. Prontuit gesels met 'n atleet, 'n afrigter en 'n sportkommentator oor die grootste sportbyeenkoms in die wêreld.
'S1/E5 of 5'. Die LGT Jong Soliste Strykensemble bestaan uit talentvolle soliste tussen die ouderdomme van 14 en 23. Hul program sluit werke van Sibelius, Beethoven, Hindemith, Sollima en Piazzolla in.
'S9/E46 of 50'. 'n Saamgestelde program wat die week se hoogtepunte van Die Groot Ontbyt bevat.
'S14/E13 of 25'. Jan Braai en die Ontspan toer kuslangs en kyk in diepte na braai en vakansie geleenthede. Hierdie week besoek hulle die Strandveld area.
'S15/E26 of 26'. 'n Aantal van die aanbieders se gunsteling onderhoude die afgelope tyd word herhaal, en ons ontmoet weer 'n paar interessante mense.
'S1/E12 of 13'. In Winburg beklemtoon Eddie en Collin Albertyn, pa en seun, die waarde van betroubare generasieplaasveeartse. Marie Lombard deel haar passie vir Oude Kraal, nou 'n 5-ster gastehuis.
'S3/E13 of 13'. Wat 'n wonderlike seisoen van reis en verken. In hierdie episode kyk ons na die hoogtepunte van Hennie en Nicole se avonture.
Na 'n weelderige bestaan in 'n luukse huis moet Snoet skielik oorleef as 'n straatbrak. Hy leer hoe om gevaarlike diere-vangers en eekhorings wat skoor soek af te weer.
'S3/E13 of 13'. Crosby het besluit hy wil naby die natuur leef, totaal en al onafhanklik van die kragnetwerk. Ons vind inspirasie in Clarens.
'S2/E12 of 13'. Ons ry die Swartbergpas op tot by die plaas Louvain, oor Duiwelskop tot by die kusdorpie, Wilderness. Na Duiwelskop is die pad weggespoel en dis omtrent 'n uitdaging vir die span.
'S2/E12 of 13'. Leah kuier in Lady Grey in die Oos-Kaap waar inwoners 'n droom het vir hul dorp. Sy verras hulle met goeie nuus van Lottoland wat die inwoners in staat stel om 'n groot projek aan te pak.
'S1/E13 of 13'. Ons 12 deelnemers kom terug na die Stralend ateljee om te gesels oor hul ervaring op die reeks.
'S26/E13 of 26'. Vandeesweek besoek Fiësta die Clanwilliam Ekspo, 'n landbouskou met hope vermaak op die spyskaart. Aanbieder Rumacques Gelderbloem verken ook dié pragtige dorp en omgewing.
'S15/E92 of 184'. Daaglikse nuushooftrekke, sporthoogtepunte en weervooruitskouing in Afrikaans.
'S26/E13 of 26'. Ons kuier by joernalis Riette Rust, en kalligrafie-kunstenaar Heleen de Haas. Dan leer ons meer oor mobiele, groen wonings en verf die Gauteng/Noordwes finalisdorp rooi.
'S13/E1 of 13'. Na maande se beplanning en voorbereiding reis die span na Suid-Amerika. Terwyl hulle wag vir die administratiewe reëlings om afgehandel te word, verken hulle Uruguay.
'S1/E1 of 12'. Oujaarsaand, ontmoet die Van Wyk-gesin. Almal is daar behalwe Ruan, wat weer werk bo sy familie kies. Die partytjie eindig met 'n skokaankondiging en weke later tref tragedie die familie.
'S10/E12 of 13'. Hannes kuier by oud-Springbok Breyton Paulse en hoor als van sy kinderjare op die plaas, sy rugby-loopbaan en gesels ook oor die verlies van sy ma en tannie in 'n fratsongeluk.
'S14/E8 of 22'. Anna-Mart van der Merwe en Nataniël gesels oor SARIE-voorblaaie. Ons maak 'n draai by die Beeld Bruid van die Jaar-toekennings en ons gesels met Juanita de Villiers oor Pronk Primêr.