2024-10-23
'S1/E13'. Ons besoek Babbelbekkies Oudtshoorn en Little Einsteins Groot Brakrivier waar ons met die kinders gesels en hulle vir ons konsert hou.
'S1/E237 - 1/237'. 'n Klomp dieremaatjies kom elke dag by hul gunsteling watergat in die bos bymekaar om te speel en vir mekaar stories te vertel. Hulle sing gereeld saam en het sommer baie pret.
'S1/E203 of 312'. Zim Zim is 'n sesjarige seuntjie, maar hy krimp elke keer as hy 'n fout maak. As hy so klein is word hy geneem na 'n geheime plek waar hy 'n superheld kan wees.
'S1/E82'. Zümrüt jaag Deniz en Azimet uit die huis met Serhat se ondersteuning. Suhandan vertel vir Zümrüt dat sy haar baba verloor het en dat sy ontdek het dat Abbas 'n verhouding met Canan het.
'S1/E3'. Ferda vertel Fikret dat haar ma na 40 jaar weer haar verskyning gemaak het en dat sy vrou Berna, haar suster is. 'n Besope Aras wil by Ferda weet of dit haar suster is wat sy doodgemaak het.
'S5/E65'. Laetitia wil vir Augusta uit haar lewe uit hê. Ayesha se swangerskap pla vir Langes. Janice vat vir Emile aan omdat hy bietjie-bietjie vir Langes vertel van haar swangerskap.
'S9/E96'. Naomi dink Okkie is onredelik, en Annelize is 'n kat met meer as nege lewens. Ilse moet 'n moeilike keuse maak - net wanneer vrede aan die deur klop. Quinton bring die kloutjie by die oor.
'S8/E59'. Zoe kry skokkende nuus, terwyl Angie vir Wade laat wonder oor sy ooreenkoms met Justin. Elana nooi Maggie vir ete.
'S9/E8'. Tydens die Jan Braai fietstoer word daar nie net fiets gery nie, maar ook lekker gebraai! Jan deel die resep vir sy botterskorsie lasagnepotjie en stel ons bekend aan die braaibroodjiewafel.
'S11/E48'. Ons kuier by MasterChef-deelnemer Andriëtte de la Harpe, en sit aan by die US Woordfees se Langtafel in Stellenbosch waar die program vir dié fees bekendgestel word.
'S1/E3'. Wees voorbereid vir lewensgevaarlike situasies en siektes! Dokter Darren Green gesels oor inentings en noodgevalle.
'S1/E1'. Hoe gemaak as jy huiskoop, intrek en twee weke later trek die vorige huurders terug en bly saam met jou in die huis? Aden gesels met mense wat presies dit oorgekom het.
'S3/E15'. Amelia is 'n assistent-boer van Moorreesburg wie graag liefde wil vind. Clare en haar wêreldklas span help Amelia om haar voorkoms op te knap en ook om haar eie stem te vind.
'S1/E4'. Gielie maak geld deur die oord se tannies se toonnaels te versorg. Spanner gril hom dood aan die gedagte om aan ander se voete te raak, aangesien hy nie eers sy eie toonnaels kan knip nie.
'S1/E6'. Ons kuier by Oom Samie se winkel wat nogsteeds besit word deur Annatjie Melck. Rijk Melck, vertel ons van die geskiedenis wat terug dateer tot 1685.
'S1/E5'. Jan gaan vra raad by 'n regsprofessor terwyl Melanie voortgaan met 'n interdik teen hom. Elri besluit om 'n huis by Kokkie te huur en Babsie en Zelda rek hul nekke as sy en Ryno daar intrek.
'S23/E43'. Ons ontmoet die marathon-atleet agter die nuwe Comrades-Monopoly. Hannes gesels met die blinde avonturier, Chris Venter. Ons bekyk 'N allemintige Star Wars-versameling.
'S8/E93'. In wiskunde behandel Martin graad 11 wiskunde konsepte. Werner kyk, tydens die FW deel van die les, na die fisiese wetenskappe konsepte wat in graad 11 bemeester moet word.
'S1/E83'. Abbas betaal Behram se man om Zümrüt en Ulfet te ontvoer en hy is vasbeslote om albei te skiet. Abbas se plan loop skeef as Zümrüt koelkop bly en Serhat jaag om haar te probeer red.
'S9/E97'. Chanel se dag word omver gegooi deur haar laaste voorspelling, terwyl Elana onwetend 'n pasiënt inlig van At se reëlings. Verwyte word rond geslinger in die Ferreira-huishouding.
'S5/E66'. Nicolene is al hoe meer verlief op Xander, maar Clint raak agterdogtig. Parra en Laetitia moet 'n nuwe plan maak wanneer hulle hoor hul geld is weg.
'S15/E207'. Daaglikse nuushooftrekke, sporthoogtepunte en weervooruitskouing in Afrikaans.
'S8/E60'. Zoe neem 'n finale besluit oor Tim en haar huwelik. Angie reël vir Wade en Justin 'n gig, terwyl Elana vir Maggie nog hulp aanbied.
'S1/E4'. Ferda gaan na Perihan se huis en vertel vir Duru en Sahin dat sy hulle ma se suster en dus hulle tante is. Perihan jaag haar weg, maar Duru besluit dat sy Ferda moet besoek om meer uit te vind.
'S1/E4'. Frans word in 'n ongemaklike plek wakker na 'n jolige aand by die Piering. Betogings oor die land neem toe en minister Behle is baie ongelukkig met hoe naby Annabel aan die waarheid kom.
'S3/E15'. Amelia is 'n assistent-boer van Moorreesburg wie graag liefde wil vind. Clare en haar wêreldklas span help Amelia om haar voorkoms op te knap en ook om haar eie stem te vind.
'S1/E3'. Wees voorbereid vir lewensgevaarlike situasies en siektes! Dokter Darren Green gesels oor inentings en noodgevalle.
'S1/E2'. Avontuurlustige Ilse is opsoek na 'n 4x4 wat haar veilig by Mosambiek sal kan uitbring waar sy gereeld haar passie vir duik uitleef.
'S5/E66'. Nicolene is al hoe meer verlief op Xander, maar Clint raak agterdogtig. Parra en Laetitia moet 'n nuwe plan maak wanneer hulle hoor hul geld is weg.